Tussen die lyne

Tussen die lyne

Jaco Jacobs

$4.81

  • Description
  • Author
  • Info
  • Reviews

Description

Kreatiewe skryfwenke van die beste van die beste! Wil jy FANTASTIESE stories en SKREEUSNAAKSE rympies skryf? Is jy gereed om jou VERBEELDING vrye teuels te gee? Kort jou opstelle ’n bietjie WOEMA? Wel, hier is goeie nuus … Jy is nooit te jonk om te begin skryf nie! Tussen die lyne van hierdie prettige aktiwiteitsboek help die gewilde topverkoperskrywer JACO JACOBS kinders speel-speel om hul skryftalent te ontwikkel. So, waarvoor wag jy nog … maak jou potlood skerp en laat die pret begin!


Author

Jaco Jacobs:
Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde topverkoperboeke vir kleuters, kinders en tieners, soos Suurlemoen!, ’n Goeie dag vir boomklim, Moenie hierdie boek eet nie! en My ouma is ’n rock-ster. Sy skryfwerk wissel van prettige kinderrympies tot spokerige grilstories, van vermaaklike feiteboeke tot lekker skaterlagstories. Hy het reeds meer as 150 boeke die lig laat sien, en meer as 1.2 miljoen kopieë van sy boeke is verkoop.

Info

Reviews